1 Kings 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê vir hom: My heer, jy het by die HERE jou God aan jou dienares gesweer en gesê: Voorwaar, u seun Salomo sal ná my koning wees, en hy sal op my troon sit.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het geantwoord: “My heer, u het my voor die Here u God met ’n eed belowe: ‘Jou seun Salomo sal beslis ná my koning word en op my troon sit.’
Afrikaans 1933/1953
En sy antwoord hom: My heer, u het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik nmy koning word, en hy sal op my troon sit.
Afrikaans 1983
Sy sê vir hom: “U Majesteit, u het mos tog voor die Here u God vir my met 'n eed beloof dat my seun Salomo na u koning sal word, en dat dit hy is wat op u troon sal sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het hom geantwoord: “My heer, u het self by die Here u God, vir u dienares 'n eed afgelê, ‘Salomo, jou seun, sal beslis ná my koning word. Dit is hy wat op my troon sal sit.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Batseba het vir die koning gesê: “Meneer, jy het belowe, en jou God die Here was die getuie, dat my seun Salomo koning sal word ná jou en dat hý op jou troon sal sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Batseba sê toe: “U Majesteit, lank gelede het u my in die Naam van die Here u God beloof dat my seun Salomo na u koning sou word.