1 Kings 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het beeste en vet beeste en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, geroep; maar u dienaar Salomo het hy nie geroep nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het baie beeste, vetgemaakte kalwers en skape geoffer. Boonop het hy al die koning se seuns, die priester Abjatar, en die opperbevelvoerder van die leër Joab uitgenooi. Maar hy het nie vir Salomo uitgenooi nie.
Afrikaans 1933/1953
Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.
Afrikaans 1983
Hy het 'n klomp beeste en kalwers en skape geslag en hy het al die prinse en die priester Abjatar en vir Joab, die hoof van die leër, daarheen genooi. Maar vir Salomo het hy nie genooi nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het 'n groot aantal beeste, vetgemaakte kalwers en kleinvee geslag en al die seuns van die koning, en ook Abjatar, die priester, en Joab, die bevelvoerder van die leër, genooi. Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Adonia het baie beeste, vet kalwers en skape en bokke geslag en hy het al die prinse genooi en ook die priester Abjatar en Joab, die hoof van die leër, maar hy het nie vir Salomo genooi nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het baie beeste, skape en vetgemaakte kalwers geoffer en al u seuns genooi. Abjatar die priester, en Joab, die hoof van u leër, was ook daar. Adonia het u seun Salomo egter nie genooi nie.