1 Kings 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sê sy dienaars vir hom: Laat daar vir my heer die koning 'n jong maagd gesoek word; en laat sy voor die koning staan, en laat sy hom koester en in jou boesem lê, sodat my heer die koning warm kan word.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy raadgewers sê toe vir hom: “Laat ons ’n jong meisie soek wat u kan bedien en versorg. Sy kan by u slaap sodat u warm kan word.”
Afrikaans 1933/1953
En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning 'n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom 'n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.
Afrikaans 1983
Sy amptenare sê toe vir hom: “Laat hulle vir U Majesteit 'n jongmeisie soek wat u kan bedien en oppas. Sy kan by u slaap, sodat u weer warm kan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy dienaars sê toe vir hom: “Laat hulle vir my heer die koning 'n jong meisie, 'n maagd, soek wat by die koning diens kan doen. Sy kan die koning versorg en teen u bors lê, sodat my heer die koning warm kan word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy amptenare het vir hom gesê: “Meneer die koning, ons sal vir jou 'n jongmeisie soek wat vir jou kan werk en wat jou kan bedien. Sy kan by jou in die bed lê en jou liggaam warm maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ten einde raad het Dawid se mense gesê: “U Majesteit, laat ons vir u ’n jongmeisie kry wat by u kan bly en wat vir u kan sorg. Sy kan ook langs u lê en u probeer warm maak.”