1 Kings 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En u, my heer, o koning, die oë van die hele Israel is op u, dat u hulle moet vertel wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit.
Afrikaans (NLV) 2011
Nou wag die hele Israel op u om te beslis wie dan ná u koning sal word.
Afrikaans 1933/1953
Maar op u, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning nhom sal sit.
Afrikaans 1983
U Majesteit, die hele Israel kyk nou op na u om vir hulle aan te wys wie u troon ná u sal bestyg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nou, my heer die koning: Die oë van die hele Israel is op u gerig om aan hulle bekend te maak wie op die troon van my heer die koning gaan sit ná hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Meneer die koning, al die mense van Israel wag dat jy moet sê wie op jou troon sal sit ná jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U Majesteit, die hele Israel wag op u. U moet nou sê wie na u koning moet word.