1 Kings 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Anders sal dit gebeur as my heer die koning met sy vaders ontslaap het, sal ek en my seun Salomo as oortreders beskou word.
Afrikaans (NLV) 2011
Indien u nie uitspraak lewer nie, sal ek en my seun Salomo soos misdadigers behandel word sodra u sterf.”
Afrikaans 1933/1953
Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.
Afrikaans 1983
Moet ek en my seun Salomo dan, nadat u in u graf gelê is, as misdadigers behandel word?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit kan gebeur dat, sodra my heer die koning by sy voorouers gaan rus, ek en my seun Salomo as skuldiges uitgemaak sal word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As jy dit nie doen nie, wat sal dan gebeur wanneer Meneer die koning gesterf het en by jou voorvaders begrawe is? Die mense sal dan sê ek en my seun Salomo is skuldig.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As u niks gaan sê nie, sal Adonia vir my en Salomo na u dood soos verraaiers behandel.”