1 Kings 1:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die koning meegedeel en gesê: Hier is Natan, die profeet. En toe hy voor die koning ingegaan het, het hy hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die grond.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar is vir die koning aangekondig: “Natan die profeet is hier.” Natan het in die kamer ingekom en diep voor die koning gebuig.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.
Afrikaans 1983
Iemand sê toe vir die koning: “Hier is die profeet Natan.” Natan kom toe nader en buig diep voor die koning
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het vir die koning die aankondiging gemaak: “Natan, die profeet, is hier!” Hy het ingekom tot voor die koning en toe diep gebuig voor die koning, met sy gesig teen die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense het vir die koning gesê: “Hier is die profeet Natan ook nou.” Natan het ingekom en hy het laag voor die koning gebuig met sy gesig teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het vir die koning gesê die profeet is daar en Dawid het gesê hy moet inkom. Natan het die kamer binnegegaan en laag voor die koning gebuig.