1 Kings 1:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy het vandag afgetrek en beeste en vet beeste en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, geroep; en kyk, hulle eet en drink voor sy aangesig en sê: Mag koning Adonia red!
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het vandag baie beeste, vetgemaakte kalwers en skape geoffer. Hy het ook al die koning se seuns, die bevelvoerders van die leër en Abjatar die priester vir die feesvierings genooi. Hulle is besig om saam met hom te eet en te drink. Hulle het uitgeroep: ‘Lank lewe koning Adonia!’
Afrikaans 1933/1953
Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adonia lewe!
Afrikaans 1983
Hy het vandag gegaan en 'n klomp beeste en kalwers en skape geslag, en hy het al die prinse en die leërhoofde en die priester Abjatar genooi. Hulle eet en drink daar saam met hom en hulle roep: ‘Lank lewe koning Adonia!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want hy het vandag afgegaan en 'n groot aantal beeste, vetgemaakte kalwers en kleinvee geslag, en al die seuns van die koning, die leëraanvoerders en Abjatar, die priester, genooi. Hulle is juis besig om voor hom te eet en te drink, en hulle sê, ‘Lank lewe koning Adonia!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want hy het vandag gegaan en hy het baie beeste en vet kalwers en skape en bokke geslag. Hy het al die prinse genooi en ook die hoofde van die leër en die priester Abjatar. Hulle eet en drink nou saam met hom en hulle sê: ‘Ons bid dat koning Adonia lank sal lewe!’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Adonia het vandag ’n groot klomp beeste, skape en vetgemaakte kalwers by die Sogeletrots gaan offer. Hy het al u seuns soontoe genooi en die leërhoofde en Abjatar die priester was ook daar. Op hierdie oomblik vier hulle fees en kort-kort skree die mense: ‘Lank lewe koning Adonia.’