1 Kings 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het toe 'n mooi meisie in die hele gebied van Israel gesoek en Abisag, 'n Sunamitiese, gevind en haar na die koning gebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het deur die hele gebied van Israel na ’n mooi meisie gesoek. In Sunem het hulle vir Abisag gekry en haar na die koning toe gebring.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel 'n mooi meisie gesoek en Ab¡sag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.
Afrikaans 1983
Nadat hulle deur die hele gebied van Israel gaan soek het na 'n mooi meisie, het hulle vir Abisag, 'n meisie uit Sunem, gekry en haar na die koning toe gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het toe in die hele gebied van Israel na 'n mooi jong meisie gesoek. Hulle het Abisag, uit Sunem, gekry en haar vir die koning gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het toe oral in die land Israel 'n mooi meisie gesoek. Hulle het vir Abisag van die stad Sunem gekry en hulle het haar na die koning toe gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dawid het ingestem en hulle het oral na ’n mooi jongmeisie gesoek. Uiteindelik het hulle in Sunem se omgewing die regte een gekry. Haar naam was Abisag en hulle het haar reguit na die koning toe gevat.