1 Kings 1:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net soos ek vir jou gesweer het by die HERE, die God van Israel, en gesê het: Waarlik, jou seun Salomo sal ná my koning wees, en hy sal in my plek op my troon sit; so sal ek beslis vandag doen.
Afrikaans (NLV) 2011
soos ek tevore met ’n eed voor die Here, die God van Israel, vir jou belowe het, bevestig ek dit vandag dat jou seun Salomo ná my koning sal word en op my troon sal sit.”
Afrikaans 1933/1953
sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo nmy koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
Afrikaans 1983
soos ek vir jou met 'n eed voor die Here die God van Israel bevestig het dat jou seun Salomo ná my koning sal word, en dat hy in my plek op die troon sal sit, so doen ek dit nou weer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat ek vir jou gesweer het by die Here, die God van Israel, met die woorde, ‘Salomo, jou seun, sal beslis ná my koning word; hy is die een wat in my plek op my troon sal sit’, presies dít gaan ek vandag doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
ek hét vir jou belowe dat jou seun Salomo koning sal word ná my en dat hy in my plek op my troon sal sit. Ek het toe gesê my God die Here moet die getuie wees, en ek belowe dit vandag weer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
dat ek vandag my belofte sal nakom wat ek lank gelede in die Naam van die Here, die God van Israel, aan jou gemaak het. Jou seun Salomo sal inderdaad koning word wanneer ek nie meer daar is nie.”