1 Kings 1:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Batseba met haar aangesig na die aarde gebuig en die koning vereer en gesê: Laat my heer koning Dawid vir ewig lewe!
Afrikaans (NLV) 2011
Batseba buig toe weer laag voor hom en sê: “Mag my heer koning Dawid vir altyd lewe!”
Afrikaans 1933/1953
En B tseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!
Afrikaans 1983
Batseba het voor die koning gekniel en gebuig en sy het gesê: “Mag koning Dawid baie lank lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Batseba het gekniel met haar gesig na die grond, en diep voor die koning gebuig. Sy het gesê: “Mag my heer, koning Dawid, vir ewig lewe!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Batseba het gekniel met haar gesig teen die grond en sy het voor die koning gebuig en gesê: “Ek bid dat Meneer die koning Dawid vir altyd sal lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Batseba was oorstelp van vreugde. Sy het laag gebuig en gesê: “Mag koning Dawid vir altyd in die herinnering van sy mense voortleef.”