1 Kings 1:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die koning het ook vir hulle gesê: Neem die dienaars van julle heer saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry en bring hom af na Gihon.
Afrikaans (NLV) 2011
sê hy vir hulle: “Neem Salomo en my lyfwagte saam met julle na die Gihonspruit toe. My seun Salomo moet op my eie muil ry.
Afrikaans 1933/1953
en die koning sê vir hulle: Neem die dienaars van julle heer met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af na Gihon toe;
Afrikaans 1983
sê hy vir hulle: “Vat my lyfwagte saam met julle en laat my seun Salomo op my eie muil ry. Vat vir Salomo na die Gihonfontein toe
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
het die koning vir hulle gesê: “Neem die dienaars van julle heer met julle saam, en laat my seun Salomo op die muil ry wat aan my behoort. Julle moet hom na Gihon laat afgaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het toe vir hulle gesê: “Julle moet die manne saamneem wat die koning moet oppas en julle moet my seun Salomo op my eie muil laat ry. Julle moet hom na die Gihon-fontein bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Vat nou al my lyfwagte en dan laat julle my seun Salomo op my eie muil klim. Gaan julle dan almal saam met hom na die Gihonfontein toe.