1 Kings 1:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarop het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benaja, die seun van Jojada, en die Kretiete en die Peletiete afgegaan en Salomo op koning Dawid se muil laat ry en hom na Gihon gebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Sadok die priester, Natan die profeet, Benaja seun van Jojada en die koning se lyfwag het Salomo na die Gihonspruit toe geneem. Hy het op Dawid se muil gery.
Afrikaans 1933/1953
Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring.
Afrikaans 1983
Die priester Sadok, die profeet Natan en Benaja seun van Jojada en die koninklike lyfwag het toe so gemaak. Hulle het Salomo op koning Dawid se muil laat ry en hom by Gihonfontein gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het Sadok, die priester, Natan, die profeet, Benaja, seun van Jojada, en die Kreti en Pleti afgegaan, en Salomo laat ry op koning Dawid se muil, en hom na Gihon geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priester Sadok en die profeet Natan en Benaja seun van Jojada en die Filistynse manne wat die koning moes oppas, het gegaan en hulle het vir Salomo op koning Dawid se muil laat ry. Hulle het hom na die Gihon-fontein geneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sadok, Natan, Benaja, asook die koning se lyfwagte het Salomo op koning Dawid se muil gesit en is saam met hom Gihonfontein toe.