1 Kings 1:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester Sadok het 'n horing olie uit die tabernakel geneem en Salomo gesalf. En hulle het op die basuin geblaas; en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo bewaar word!
Afrikaans (NLV) 2011
Sadok die priester het ’n horing vol olie uit die heiligdom saamgeneem en Salomo daarmee gesalf. Toe blaas hulle op die ramshoring en al die mense roep uit: “Lank lewe koning Salomo!”
Afrikaans 1933/1953
En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!
Afrikaans 1983
Die priester Sadok het 'n horing vol olie uit die heiligdom saamgebring en hy het vir Salomo gesalf. Toe blaas hulle die ramshoring, en die mense roep: “Lank lewe koning Salomo!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sadok, die priester, het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf. Hulle het op die ramshoring geblaas en die hele volk het geroep: “Lank lewe koning Salomo!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priester Sadok het die horing en olyf-olie uit die gewyde tent saamgebring en hy het vir Salomo gesalf. Toe blaas hulle die ramshoring, en al die manne sê: “Ons bid dat die koning lank sal lewe!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sadok het ’n houer met olie uit die tent waar die Here altyd teenwoordig was, saamgeneem. En hy het Salomo gesalf. Toe het hulle die trompette begin blaas en geskree: “Lank lewe koning Salomo.”