1 Kings 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die meisie was baie mooi en het die koning gekoester en hom gedien, maar die koning het haar nie geken nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy was ’n baie mooi meisie. Sy het die koning bedien en hom versorg. Die koning het egter geen geslagsgemeenskap met haar gehad nie.
Afrikaans 1933/1953
En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning 'n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.
Afrikaans 1983
Hierdie meisie was baie mooi en sy het die koning opgepas en versorg, maar die koning het nooit geslagsgemeenskap met haar gehad nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die jong meisie was besonder mooi. Sy het die koning versorg en het hom bygestaan, maar die koning het nie met haar intiem verkeer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy was 'n baie mooi meisie. Sy het die koning bedien en vir hom gesorg, maar hy het nie seks gehad met haar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy was werklik baie mooi. Sy het Dawid met alles gehelp en hom goed versorg. Hulle het egter nie seks gehad nie.