1 Kings 1:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Adonia en al die gaste wat by hom was, het dit gehoor toe hulle klaar geëet het. En toe Joab die geluid van die basuin hoor, sê hy: Waarom is hierdie geraas van die stad in oproer?
Afrikaans (NLV) 2011
Adonia en sy gaste was net besig om klaar te maak met hulle feesmaal toe hulle die groot feesvierings hoor. Toe Joab die ramshoring hoor, vra hy: “Wat gaan aan? Hoekom is daar so ’n lawaai in die stad?”
Afrikaans 1933/1953
En Adonia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?
Afrikaans 1983
Adonia en sy gaste was net klaar met eet toe hulle dit hoor. Toe Joab die ramshoring hoor, vra hy: “Wat is die stad so rumoerig?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Adonia en ook al die genooides wat by hom was, het dit gehoor net toe hulle klaar geëet het. Toe Joab die geluid van die ramshoring hoor, het hy gesê: “Waarom klink daar so 'n rumoer uit die stad op?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Adonia en al die gaste wat hy genooi het, het klaar geëet en hulle het gehoor dat die mense skree. Toe Joab hoor hulle blaas die ramshoring, het hy gevra: “Hoekom raas die mense so in die stad?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Entjie daarvandaan het Adonia en sy gaste net klaar geëet en gedrink toe hulle skielik die geraas gehoor. Joab het die trompette veraf gehoor en gesê: “Waarom raas die mense so in die stad?”