1 Kings 1:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jónatan het geantwoord en vir Adonia gesê: Voorwaar, ons heer koning Dawid het Salomo koning gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
“Glad nie!” antwoord Jonatan. “Koning Dawid het Salomo koning gemaak!
Afrikaans 1933/1953
Maar Jonatan antwoord Adonia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak!
Afrikaans 1983
Jonatan het vir Adonia geantwoord: “Inteendeel! Koning Dawid het vir Salomo koning gemaak!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Jonatan het geantwoord en vir Adonia gesê: “Inteendeel! Ons heer, koning Dawid, het Salomo koning gemaak!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jonatan het geantwoord en vir Adonia gesê: “Nee, dit is nie goeie nuus vir jou nie. Ons meneer die koning Dawid het vir Salomo koning gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ongelukkig nie,” het Jonatan geantwoord. “Koning Dawid het sy seun Salomo pas koning gemaak.