1 Kings 1:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benaja, die seun van Jójada, en die Kretiete en die Peletiete saam met hom gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het hom saam met Sadok die priester, Natan die profeet en Benaja seun van Jojada, en die koning se lyfwag gestuur. Hulle het hom op die koning se muil laat ry,
Afrikaans 1933/1953
En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Ben ja, die seun van Jojada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;
Afrikaans 1983
Die koning het die priester Sadok, die profeet Natan, Benaja seun van Jojada, en die koninklike lyfwag saam met hom gestuur. Hulle het hom op die koning se muil laat ry,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het saam met hom vir Sadok, die priester, Natan, die profeet, Benaja, seun van Jojada, en die Kreti en Pleti gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het die priester Sadok saam met Salomo gestuur, en ook die profeet Natan en Benaja seun van Jojada en die Filistynse manne wat die koning moet oppas. Hulle het Salomo op die koning se muil laat ry
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het Sadok, Natan, Benaja en die koninklike lyfwag na Salomo toe gestuur. Hulle het hom op die koning se muil gesit.