1 Kings 1:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Sadok, die priester en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf; Dit is die geraas wat julle gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011
en Sadok die priester en Natan die profeet het hom by die Gihonspruit tot koning gesalf. Hulle het daarvandaan met groot gejuig teruggekom en daar is groot blydskap in die stad. Dis waaroor al die geraas gaan.
Afrikaans 1933/1953
en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het.
Afrikaans 1983
en die priester Sadok en die profeet Natan het hom by Gihonfontein tot koning gesalf. Daarvandaan het hulle met 'n gejuig teruggegaan. Dit is die rumoer wat julle in die stad gehoor het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom by Gihon as koning gesalf. Hulle het daarvandaan uitbundig opgegaan, en die stad is in rep en roer. Dit is die geluid wat julle hoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en die priester Sadok en die profeet Natan het vir Salomo by die Gihon-fontein gesalf om koning te wees. Hulle het geskree en gejuig toe hulle van daar terugkom, en al die mense in die stad juig nou saam. Dit is wat julle gehoor het wat so geraas het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
By die Gihonfontein het Sadok en Natan hom as koning gesalf. Daarna is hulle terug stad toe terwyl die volk vrolik gesing en gedans het. Tans is die stad die ene uitbundigheid. Dit is die geraas wat julle nou daar hoor.