1 Kings 1:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En so het die koning ook gesê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wat vandag iemand gegee het om op my troon te sit, terwyl my oë dit selfs sien.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het gesê: ‘Prys die Here, die God van Israel, wat vandag iemand gegee het om op my troon te sit terwyl ek dit met my eie oë kan sien.’”
Afrikaans 1933/1953
en die koning het ook so gesê: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien.
Afrikaans 1983
en gesê: Aan die Here die God van Israel kom die lof toe, Hy wat gegee het dat daar vandag iemand op my troon sit en dat my eie oë dit kan sien.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
hy het ook gesê, ‘Die Here, die God van Israel, moet geprys word, Hy wat dit so beskik het dat iemand vandag op my troon sit, terwyl ek dit met my eie oë sien.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gesê: ‘Ek prys die Here, die God van Israel. Hy het vandag een van my seuns op my troon laat sit en ek kan dit self sien.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het by sy bed gekniel en gesê: ‘Kom ons loof die Here, die God van Israel, wat vandag een van my eie kinders koning laat word het. Loof die Here dat elkeen van ons dit met ons oë kon sien.’”