1 Kings 1:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En al die gaste wat saam met Adonia was, het bang geword en opgestaan en elkeen sy pad gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het al Adonia se gaste in paniek van die feesmaal opgespring en elkeen sy koers gegaan.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het al die genooides wat by Adonia was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.
Afrikaans 1983
Toe het die gaste van Adonia almal verskrik opgespring en gemaak dat hulle wegkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die genooides wat hulle by Adonia geskaar het, het begin bewe en opgespring; elkeen het sy eie koers ingeslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die gaste wat by Adonia was, het geskrik en opgestaan en haastig weggegaan, elkeen op 'n ander pad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Groot angs het Adonia en sy gaste beetgepak. Almal het vinnig opgespring en is daar weg. Elkeen het sy eie koers ingeslaan.