1 Kings 1:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het koning Salomo gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring. En hy het gekom en hom voor koning Salomo neergebuig, en Salomo sê vir hom: Gaan na jou huis.
Afrikaans (NLV) 2011
Koning Salomo het Adonia ontbied, en hy is van die altaar af gebring. Hy het voor die koning gebuig en Salomo het gesê: “Gaan na jou huis toe.”
Afrikaans 1933/1953
En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.
Afrikaans 1983
Koning Salomo het beveel dat hulle hom by die altaar moet gaan haal. Toe hy by koning Salomo kom, het Adonia voor hom gebuig. En Salomo sê vir hom: “Gaan bly by jou huis!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Koning Salomo het toe iemand gestuur om hom van die altaar af te haal. Hy het gekom en diep neergebuig voor koning Salomo. Toe sê Salomo vir hom: “Gaan na jou huis toe!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Salomo het mense gestuur om vir Adonia by die altaar te gaan haal. Hulle het hom gebring, en hy het voor koning Salomo gebuig. Salomo het vir hom gesê: “Jy mag nou huis toe gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Koning Salomo het manne gestuur om Adonia by die altaar te haal en hom van die koning se besluit te vertel. Adonia is toe reguit na die koning toe en het laag voor hom gebuig. Salomo het vir hom gesê: “Jy kan maar huis toe gaan.”