1 Kings 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het met Joab, die seun van Serúja, en met Abjatar, die priester, onderhandel, en hulle het Adonia gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het Joab seun van Seruja, en Abjatar die priester in sy vertroue geneem. Hulle het ingestem om hom te steun.
Afrikaans 1933/1953
En hy het met Joab, die seun van Seruja, onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adonia.
Afrikaans 1983
Hy het met Joab seun van Seruja en met die priester Abjatar onderhandel, en hulle het hom ondersteun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Adonia het met Joab, seun van Seruja, en met Abjatar, die priester, onderhandel, en hulle het hulle gewig agter hom ingegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Adonia het gepraat met Joab seun van Seruja en met die priester Abjatar, en hulle het belowe om hom te help om koning te word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het stilletjies met Joab, die seun van Seruja, en met Abjatar die priester gekonkel en hulle het beloof om hom te steun.