1 Kings 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Sadok, die priester, en Benaja, die seun van Jójada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die helde wat aan Dawid behoort het, was nie by Adonia nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Sadok die priester, Benaja seun van Jojada, Natan die profeet, Simeï, Reï en Dawid se persoonlike lyfwag het nie vir Adonia gesteun nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar Sadok, die priester, en Ben ja, die seun van Jojada, en Natan, die profeet, en S¡me‹en Re‹en die helde van Dawid het nie met Adonia saamgegaan nie.
Afrikaans 1983
Maar die priester Sadok, Benaja seun van Jojada, die profeet Natan, Simeï, Reï en Dawid se lyfwagte was nie aan Adonia se kant nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sadok, die priester, Benaja, seun van Jojada, Natan, die profeet, asook Simeï en Reï en die helde in diens van Dawid, het hulle nie by Adonia geskaar nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die priester Sadok en Benaja seun van Jojada wou nie vir Adonia help nie, en ook nie die profeet Natan en Simeï en Reï en die manne wat die koning opgepas het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sadok, die ander priester, Benaja, die seun van Jojada, Natan die profeet, asook Simeï, Reï en al Dawid se lyfwagte het botweg geweier om Adonia te ondersteun.