1 Kings 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Adonia het skape en beeste en vet beeste gedood by die klip Sohelet wat by Enrogel is, en hy het al sy broers, die koning se seuns, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, geroep.
Afrikaans (NLV) 2011
Adonia het na die Sogeletrots by die Rogelfontein gegaan en daar skape, beeste en vetgemaakte kalwers geoffer. Hy het al sy broers, die ander seuns van Dawid, uitgenooi, en ook al die manskappe van Juda in Dawid se diens.
Afrikaans 1933/1953
En Adonia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Soh,let wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;
Afrikaans 1983
Adonia het skape, beeste en vetgemaakte kalwers geslag by Sogeletrots langs Rogelfontein en toe al die koning se seuns, sy broers, daarheen genooi, en ook al die manne van Juda wat in die koning se diens was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Adonia het toe kleinvee, beeste en vetgemaakte kalwers geslag by die klip van Sogelet, wat langs En-Roghel is. Hy het al sy broers, die koning se seuns, uitgenooi, asook al die manne van Juda, die amptenare van die koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Adonia het skape en bokke en beeste en vet kalwers laat slag by die Sogelet-rots wat naby Rogel-fontein is. Hy het al sy broers, die prinse, genooi om saam te eet, en ook die leiers van Juda wat amptenare van Dawid was,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Paar dae later het Adonia ’n klomp skape, beeste en vetgemaakte kalwers gevat en dit by die Sogeletrots naby die Rogelfontein gaan offer. Hy het toe die ander seuns van Dawid asook van sy amptenare wat van Judese afkoms was, na die feesmaal genooi.