1 Kings 16:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die verdere geskiedenis van Baésa en wat hy gedoen het en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Die ander gebeurtenisse tydens sy regering en ook sy dapper dade is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.
Afrikaans 1933/1953
En die verdere geskiedenis van Ba,sa en wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
Afrikaans 1983
Die ander verhale oor Baesa en wat hy gedoen het, ook sy dapperheid, is opgeteken in die annale van die konings van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die verdere geskiedenis van Baesa, wat hy gedoen het en sy magtige dade, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Israel nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die ander dinge wat Baesa gedoen het, ook die belangrike dinge, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Alles wat Baesa gedoen het, kan ’n mens in die boek Die lewe en werk van al Israel se konings gaan naslaan.