1 Kings 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Adonia, die seun van Haggit, het by Batseba, die moeder van Salomo, gekom. En sy sê: Kom jy in vrede? En hy sê: Vreedsaam.
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag kom Adonia seun van Dawid en Gaggit na Batseba, Salomo se ma toe. “Kom jy in vrede?” vra sy. “Ja,” sê hy.
Afrikaans 1933/1953
Toe kom Adonia, die seun van Haggit, na B tseba, die moeder van Salomo, en sy vra: Is jou koms vrede? En hy antwoord: Vrede.
Afrikaans 1983
Adonia seun van Gaggit het na Batseba, Salomo se ma, toe gegaan. Sy het vir hom gevra: “Kom jy in vrede?” “Ja,” sê hy,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Adonia, seun van Gaggit, het na Batseba, die moeder van Salomo, gekom. Sy het gevra: “Beteken jou koms vrede?” Hy het geantwoord: “Ja, vrede!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Adonia seun van Gaggit het na Salomo se ma Batseba toe gekom. Batseba het vir hom gevra: “Kom jy soos 'n vriend?” Adonia het gesê: “Ja, ek kom soos 'n vriend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het Adonia, die seun van Haggiet, vir Batseba, die ma van Salomo, besoek. “Kom jy in vrede?” het Batseba gevra. “Ja,” het Adonia geantwoord.