1 Kings 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Sê tog met koning Salomo, want hy sal jou nie nee sê nie, dat hy vir my Abisag, die Sunamitiese, as vrou moet gee.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy antwoord: “Praat asseblief met koning Salomo, want ek weet hy sal enigiets doen wat u vra. Vra hom om Abisag, die meisie uit Sunem, vir my as vrou te gee.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want hy sal u nie afwys nie, dat hy Ab¡sag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet gee.
Afrikaans 1983
“Koning Salomo sal mos na u luister,” sê hy toe. “Vra hom asseblief dat hy vir my die Sunemmitiese meisie Abisag as vrou gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy sê toe: “Praat asseblief met koning Salomo, want hy sal u dit nie weier nie, om Abisag uit Sunem vir my as vrou te gee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe sê Adonia: “Jy moet asseblief met koning Salomo praat, want hy sal nie vir jou nee sê nie. Jy moet vra dat hy Abisag van Sunem vir my moet gee sodat ek met haar kan trou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Adonia het keelskoongemaak en toe gevra: “Sal u nie asseblief met koning Salomo praat en hom vra of ek met Abisag, die vrou uit Sunem, mag trou nie? As u hom namens my vra, weet ek hy sal luister.”