1 Kings 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En koning Salomo het geantwoord en vir sy moeder gesê: En waarom vra jy vir Abísag, die Sunamitiese, vir Adonia? vra vir hom ook die koninkryk; want hy is my oudste broer; ook vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Serúja.
Afrikaans (NLV) 2011
“Hoe kan u hoegenaamd vra dat ek Abisag vir Adonia gee?” roep Salomo uit. “U kan netsowel vra dat ek die hele koninkryk vir hom moet gee! U weet dat hy my ouer broer is en dat hy Abjatar die priester en Joab seun van Seruja aan sy kant het.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy moeder: Maar waarom vra u Ab¡sag, die Sunamitiese, vir Adonia? Vra ook die koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, die seun van Seruja!
Afrikaans 1983
Toe sê koning Salomo vir sy ma: “Hoekom vra u dat hy vir Abisag moet kry? U kan dan net so wel die hele koningskap vir hom vra, want hy is my ouer broer, en die priester Abjatar en Joab seun van Seruja steun hom!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Koning Salomo het geantwoord en vir sy moeder gesê: “En waarom vra u Abisag, uit Sunem, vir Adonia? Vra dan maar die koningskap ook vir hom, want hy is mos my broer wat ouer is as ek – ja, vir hom en vir Abjatar, die priester, en vir Joab, seun van Seruja.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Salomo het geantwoord en vir sy ma gesê: “Hoekom vra jy dat ek Abisag van Sunem vir Adonia moet gee? Wil jy ook vir my vra dat Adonia koning moet word in my plek? Hy is my broer wat ouer is as ek, en die priester Abjatar en Joab seun van Seruja wil ook hê dat Adonia koning moet word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wat?” het Salomo gesê. “Hoe kan Ma dit vra? Adonia vra vir Abisag, maar eintlik wil hy my koningskap hê. Hy is my ouer broer. En Abjatar die priester en Joab, die seun van Seruja, is natuurlik kop in een mus met hom. Nee, jammer, Ma, maar Adonia kry nie vir Abisag nie!”