1 Kings 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So het Salomo vir Abjatar verdryf om nie priester van die HERE te wees nie; sodat hy die woord van die HERE kan vervul wat Hy gespreek het oor die huis van Eli in Silo.
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo het Abjatar as priester van die Here ontslaan. So het die oordeel van die Here by Silo oor die afstammelinge van Eli in vervulling gegaan.
Afrikaans 1933/1953
So het Salomo dan Abjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van die HERE was nie, om die woord van die HERE te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.
Afrikaans 1983
Salomo het vir Abjatar ontslaan, sodat hy nie meer priester van die Here was nie. So het die oordeel wat die Here by Silo oor Eli se nageslag uitgespreek het, in vervulling gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo het Abjatar verdryf, sodat hy nie meer priester van die Here was nie, om so die woord van die Here te vervul wat Hy in Silo oor die huis van Eli aangekondig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So het Salomo vir Abjatar laat ophou om priester te wees, en so het waar geword wat die Here gesê het van die familie van Eli in Silo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het Abjatar weggestuur. Hy was nie meer een van die Here se priesters in Jerusalem nie. So het die woorde van die Here in verband met die ondergang van Eli en sy kinders se priesterskap in Silo waar geword.