1 Kings 2:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daar is aan koning Salomo meegedeel dat Joab na die tabernakel van die HERE gevlug het; en kyk, hy is by die altaar. Toe stuur Salomo Benaja, die seun van Jójada, om te sê: Gaan val op hom.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Salomo dit hoor, stuur hy vir Benaja seun van Jojada om hom dood te maak.
Afrikaans 1933/1953
En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van die HERE, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Ben ja, die seun van Jojada, weet: Gaan heen, val op hom aan.
Afrikaans 1983
Toe koning Salomo verneem dat Joab na die heiligdom toe gevlug het en daar by die altaar is, het hy vir Benaja seun van Jojada beveel: “Gaan maak hom dood!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan koning Salomo is berig gebring: “Joab het gevlug na die tent van die Here. Kyk, hy is daar langs die altaar!” Salomo stuur toe vir Benaja, seun van Jojada, met die opdrag: “Gaan val hom aan!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe koning Salomo hoor dat Joab na die tent van die Here gevlug het en dat hy daar langs die altaar staan, het hy vir Benaja seun van Jojada gestuur en gesê hy moet vir Joab gaan doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Salomo hoor Joab het na die tent gevlug en hou wanhopig aan die altaar se hoeke in die tent vas, het hy iemand na Joab toe gestuur. Hy moes uitvind waarom Joab na die tent toe gevlug het. Joab het gesê dat hy uit vrees vir Salomo na die Here gevlug het. Toe hy dit hoor, het Salomo Benaja ontbied. “Gaan maak hom dood,” het Salomo vir Benaja gesê.