1 Kings 2:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Benaja het by die tabernakel van die HERE gekom en vir hom gesê: So sê die koning: Kom uit. En hy antwoord: Nee; maar ek sal hier sterf. En Benaja het die koning weer laat weet en gesê: So het Joab gesê, en so het hy my geantwoord.
Afrikaans (NLV) 2011
Benaja het in die heiligdom van die Here ingegaan en vir Joab gesê: “Die koning beveel jou om uit te kom!” Maar Joab antwoord: “Nee, ek wil hiér sterf.” Benaja het toe teruggegaan na die koning toe en hom vertel wat Joab gesê het.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Ben ja by die tent van die HERE gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Ben ja het die koning 'n antwoord gebring en gesê: So het Joab gespreek, en so het hy my geantwoord.
Afrikaans 1983
Benaja het na die heiligdom toe gegaan en vir hom gesê: “Die koning sê jy moet uitkom!” Maar hy sê: “Nee, ek wil hiér sterf.” Benaja het toe eers aan die koning gaan rapporteer wat Joab gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Benaja het by die tent van die Here aangekom en vir Joab gesê: “So sê die koning, ‘Kom uit!’ ” Maar hy het gesê: “Nee, want hier wil ek sterf!” Benaja het toe aan die koning verslag gelewer: “Dit is wat Joab gesê het, en dit is wat hy my geantwoord het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Benaja het na die tent van die Here gegaan en vir Joab gesê: “Die koning sê jy moet uitkom.” Maar Joab het gesê: “Ek sal nie, ek wil hiér sterf.” Benaja het vir die koning gaan sê wat Joab gesê het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Benaja is na die tent toe en het vir Joab gesê: “Die koning sê jy moet buitentoe kom.” “Nooit nie,” het Joab gesê. “As ek dan moet sterf, sterf ek net hier.” Benaja is daar weg en het die koning alles vertel wat Joab gesê het.