1 Kings 2:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die koning vir hom: Doen wat hy gesê het, en val op hom en begrawe hom; dat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en uit die huis van my vader kan wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011
“Maak soos hy gesê het,” antwoord die koning. “Maak hom langs die altaar dood en begrawe hom. Dit sal die skuld van sy sinlose moorde wegneem van my en my pa se familie.
Afrikaans 1933/1953
Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;
Afrikaans 1983
Die koning sê toe vir Benaja: “Nes hy wil. Maak hom dood en begrawe hom. So sal jy my en my familie onthef van die blaam vir die moorde wat Joab gepleeg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning sê toe vir hom: “Doen dan wat hy gesê het. Val hom aan en begrawe hom, en verwyder so die bloed van my en my familie wat Joab sonder rede gestort het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en die koning het vir Benaja gesê: “Jy moet doen wat hy gesê het, gaan maak hom dood en begrawe hom. Dan sal die mense nie meer vir my en my familie beskuldig dat ons mense doodgemaak het nie, die mense vir wie Joab onskuldig doodgemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Doen dan wat Joab sê jy moet doen,” het Salomo geantwoord. “Maak hom daar op die plek dood en begrawe hom dan. Ek en my pa se kinders sal dan nie meer verantwoordelik gehou kan word vir Joab se moord op twee van my pa se generaals nie.