1 Kings 2:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE sal sy bloed op sy hoof laat teruggee, wat op twee manne geval het wat regverdiger en beter as hy was, en hulle met die swaard gedood het, terwyl my vader Dawid dit nie geweet het nie, naamlik Abner, die seun van Ner, die owerste van die leër van Israel, en Amasa, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda.
Afrikaans (NLV) 2011
So sal die Here hom vergeld vir die moord op twee manne wat regverdiger en beter was as hy. Want my pa het geen deel gehad aan die dood van Abner seun van Ner en bevelvoerder van die leër van Israel nie, en ook nie aan dié van Amasa seun van Jeter en bevelvoerder van die leër van Juda nie.
Afrikaans 1933/1953
en dat die HERE sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, en Am sa, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;
Afrikaans 1983
Die Here laat hom nou sy verdiende straf kry. Hy het twee manne doodgemaak sonder die medewete van my pa: Abner, seun van Ner en hoof van die leër van Israel, en Amasa, seun van Jitra en hoof van die leër van Juda, albei onskuldiger en beter mense as hy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag die Here sy bloed op sy eie kop laat neerkom, hy wat twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en met die swaard vermoor het sonder my vader Dawid se medewete: Abner, seun van Ner, die bevelvoerder van die leër van Israel, en Amasa, seun van Jeter, die bevelvoerder van die leër van Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here self sal vir Joab straf omdat hy die twee goeie manne doodgemaak het, manne wat beter was as hy. Joab het hulle met 'n swaard doodgesteek, maar my pa Dawid het niks daarvan geweet nie. Die twee manne was Abner seun van Ner, die hoof van die leër van Israel, en Amasa seun van Jeter, die hoof van die leër van Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Met Joab sal presies gebeur wat hy destyds met Abner, die hoof van Israel se leër, en Amasa, die hoof van Juda se troepemag, gedoen het. Sonder my pa se medewete het hy twee onskuldige mense doodgemaak.