1 Kings 2:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Benaja, die seun van Jójada, opgetrek en op hom geval en hom gedood, en hy is in sy huis in die woestyn begrawe.
Afrikaans (NLV) 2011
Benaja het toe teruggegaan en Joab in die heiligdom doodgemaak. Joab is begrawe by sy huis in die wildernis.
Afrikaans 1933/1953
Toe het Ben ja, die seun van Jojada, opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die woestyn.
Afrikaans 1983
Toe het Benaja seun van Jojada teruggegaan en vir Joab daar aangeval en hom doodgemaak. Hy is begrawe by sy huis in die veld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Benaja, seun van Jojada, het toe gegaan, hom aangeval en hom doodgemaak. Hy is begrawe by sy huis in die woestyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Benaja seun van Jojada het gegaan en hy het vir Joab doodgemaak. Hulle het vir Joab begrawe by sy huis in die woestyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Benaja is onmiddellik na die tent toe. Hy het Joab net daar doodgemaak en hom by sy huis in die woestyn laat begrawe.