1 Kings 2:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning het gestuur en Simeï laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou 'n huis in Jerusalem en woon daar, en trek nie daarvandaan weg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het die koning Simeï laat kom en vir hom gesê: “Bou vir jou ’n huis hier in Jerusalem en kom woon hier. Maar jy mag nie uit die stad weggaan om enigiets elders te doen nie.
Afrikaans 1933/1953
Verder het die koning S¡me‹laat roep en vir hom gesê: Bou vir jou 'n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie;
Afrikaans 1983
Die koning het vir Simeï laat haal en vir hom gesê: “Jy mag vir jou 'n huis in Jerusalem bou en hier woon, maar jy mag nie uit die stad gaan nie, dit maak nie saak waarheen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het Simeï toe ontbied en vir hom gesê: “Bou vir jou 'n huis in Jerusalem en woon daar. Maar jy mag nie uit die stad uitgaan nie, nêrens heen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het vir Simeï laat roep en hy het vir Simeï gesê: “Jy moet vir jou in Jerusalem 'n huis bou en daar gaan woon. Jy moenie uit die stad gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het Salomo Simeï laat kom en vir hom gesê: “Jy kan vir jou ’n huis in Jerusalem bou, maar jy mag nooit die stad verlaat nie.