1 Kings 2:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want op die dag as jy uitgaan en deur die spruit Kidron gaan, sal jy verseker weet dat jy sekerlik sal sterwe; jou bloed sal op jou eie hoof wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Die dag as jy oor die Kidronspruit gaan, sal jy sekerlik doodgemaak word. Daarvoor sal jy net jouself moet blameer.”
Afrikaans 1933/1953
die dag dat jy uitgaan en oor die spruit Kidron trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe; jou bloed sal op jou hoof wees.
Afrikaans 1983
Die dag as jy hier uitgaan en jou voete oor Kedronspruit sit, is jy dood. Dit moet jy beslis weet. Dit sal jou eie skuld wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En die dag wanneer jy uitgaan en die Kidrondal oorsteek – wees doodseker daarvan dat jy dan beslis sal sterf. Jou bloed sal op jou eie kop wees. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As jy van jou huis weggaan en oor die Kedron-vallei gaan, dan sal jy sterf, dit is seker, en dit sal jóú skuld wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As jy ooit buite Jerusalem gaan of selfs maar deur die stroompie hier onder in die Kidrondal loop, is jy dood. En dit sal dan jou eie skuld wees.”