1 Kings 2:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Símeï aan die koning: Die woord is goed; soos my heer die koning gesê het, so sal u dienaar doen. En Símeï het baie dae in Jerusalem gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011
Simeï het geantwoord: “Ek aanvaar u uitspraak. Ek sal doen soos die koning my beveel.” Simeï het toe ’n geruime tyd lank net in Jerusalem gebly.
Afrikaans 1933/1953
En S¡me‹sê vir die koning: Dit is goed; soos my heer die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En S¡me‹het baie dae in Jerusalem gebly.
Afrikaans 1983
Simeï sê toe vir die koning: “Dit is goed so. Ek sal die bevel van die koning eerbiedig.” Simeï het toe 'n hele tyd lank net in Jerusalem gebly,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het Simeï vir die koning gesê: “Die voorwaarde wat my heer die koning stel, is goed; u dienaar sal so maak.” Simeï het toe vir 'n lang tyd in Jerusalem gebly;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Simeï het vir die koning gesê: “Wat Meneer die koning sê, is goed. Ek sal dit doen.” Simeï het lank in Jerusalem gewoon,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Dit is goed so, U Majesteit,” het Simeï geantwoord. “Ek sal maak soos u sê.” Simeï het in Jerusalem gaan woon en ’n lang tyd daar gebly.