1 Kings 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Verder weet jy ook wat Joab, die seun van Seruja, aan my gedoen het, en wat hy aan die twee owerstes van die leërskare van Israel gedoen het, aan Abner, die seun van Ner, en met Amasa, die seun van Jeter, wat hy gedood het en die oorlogsbloed in vrede, en gooi die oorlogsbloed op sy gordel wat om sy lendene was, en in sy skoene wat aan sy voete was.
Afrikaans (NLV) 2011
“Dan is daar ook nog iets anders. Jy weet dat Joab seun van Seruja my twee bevelvoerders, Abner seun van Ner en Amasa seun van Jeter, vermoor het. Hy het hulle in vredestyd doodgemaak asof dit oorlog was. Hy het die gordel om sy lyf en die skoene aan sy voete met bloed bevlek.
Afrikaans 1933/1953
En jy weet ook self wat Joab, die seun van Seruja, my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van Israel, Abner, die seun van Ner, en Am sa, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.
Afrikaans 1983
“Jy weet self wat Joab seun van Seruja my aangedoen het, wat hy gedoen het met die twee leërhoofde van Israel, met Abner seun van Ner en met Amasa seun van Jitra: hy het hulle vermoor, hy het hulle in vredestyd doodgemaak asof daar oorlog was. Hy het hulle onskuldige bloed op die gordel om sy lyf en op die skoene aan sy voete laat spat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Jy self weet ook wat Joab, seun van Seruja, aan my gedoen het, wat hy aan die twee bevelvoerders van die leërs van Israel, aan Abner, seun van Ner, en aan Amasa, seun van Jeter, gedoen het. Hy het hulle vermoor en die bloedskuld van oorlog op hom gelaai in vredestyd. Hy het die bloedskuld van oorlog op die gordel om sy heupe en die sandale aan sy voete laat kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy weet ook wat Joab seun van Seruja aan my gedoen het en wat hy gedoen het met die twee hoofde van die leër van Israel. Hy het vir Abner seun van Ner, en vir Amasa seun van Jeter vermoor. Hy het hulle doodgemaak toe daar vrede was, nie in 'n oorlog nie. Hulle bloed het gevloei oor die belt om sy heupe en oor die sandale aan sy voete, soos in 'n oorlog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Daar is ook iets anders. Jy onthou nog vir Joab? Hy het mos destyds twee van my generaals sonder rede doodgemaak. Die een was Abner die seun van Ner, en die ander een Amsa die seun van Jeter. Dit was onnodig en boonop nog in vredestyd. Die hele ding bly my hinder. Dit is of hulle bloed nou nog aan my lyf en my klere en my skoene kleef.