1 Kings 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar bewys guns aan die seuns van Barsillai, die Gileadiet, en laat hulle wees van die wat aan jou tafel eet; want so het hulle na my gekom toe ek gevlug het vanweë jou broer Absalom.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wees goed vir die seuns van Barsillai uit Gilead. Laat hulle in jou huis bly, want hulle het my versorg toe ek voor jou broer Absalom moes vlug.
Afrikaans 1933/1953
Maar aan die seuns van Bars¡llai, die Gileadiet, moet jy guns bewys, en hulle moet wees onder die wat aan jou tafel eet; want so het hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.
Afrikaans 1983
“Jy moet goed wees vir die seuns van Barsillai van Gilead. Laat hulle van jou tafel af eet, want hulle het vir mý kos gebring toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan die seuns van Barsillai, die man uit Gilead, moet jy egter welwillendheid bewys. Hulle moet onder dié wees wat aan jou tafel eet, want so het hulle my ook tegemoetgekom toe ek gevlug het voor jou broer Absalom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar jy moet onthou die seuns van Barsillai van Gilead is jou vriende. Jy moet hulle by jou tafel laat eet, want hulle het dit ook vir my gedoen toe ek moes vlug vir jou broer Absalom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wees egter baie goed vir die seuns van Barsillai, die man van Gilead. Sorg tog vir dié mense, want hulle het my destyds gehelp toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.