1 Kings 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hou hom dan nou nie onskuldig nie, want jy is 'n wyse man en weet wat jy aan hom behoort te doen; maar sy heunsende kop laat jou met bloed na die graf neerdaal.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar hy is nie onskuldig nie. Jy is ’n wyse man. Jy sal weet hoe om hom in sy oudag met geweld te laat sterf.”
Afrikaans 1933/1953
Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is 'n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal.
Afrikaans 1983
maar jy moet hom nou nie verskoon nie. Jy is 'n wyse man en jy sal weet wat om met hom te maak dat hy met die dood gestraf word al is hy al oud.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar nou mag jy hom nie ongestraf laat nie. Jy is immers 'n slim man; jy sal self weet wat om aan hom te doen. Jy moet sy grys hare met bloed in die doderyk laat afgaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar nou moet jy hom nie vry laat wegkom nie. Jy is 'n wyse man en jy sal weet wat jy met hom moet doen. Hy is 'n ou man, maar sy bloed móét vloei, hy moet sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek wil weer nie vir jou voorskryf nie, maar Simeï se daad moet gestraf word. Omdat jy slim is, sal jy weet wat om te doen.”