1 Kings 7:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Salomo het al die voorwerpe gemaak wat aan die huis van die HERE behoort het: die goue altaar en die goue tafel waarop die toonbrode was,
Afrikaans (NLV) 2011
Salomo het ook al die toebehore van die tempel van die Here laat maak: die goue altaar en goue tafel vir die offerbrood;
Afrikaans 1933/1953
Verder het Salomo al die voorwerpe wat in die huis van die HERE was, gemaak: die goue altaar en die tafel waar die toonbrode op moes lê, van goud;
Afrikaans 1983
Salomo het ook al die toerusting vir die huis van die Here laat maak: die goue altaar, die goue tafel vir die offerbrood;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Salomo het al die voorwerpe wat in die huis van die Here was, gemaak: die goue altaar; die tafel van goud waarop die vertoonbrode was;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Salomo het ook al die ander goed laat maak wat in die tempel moes wees: die goue altaar, die goue tafel waarop die offer-brood moes kom,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Salomo het ook ’n aantal voorwerpe uit goud laat maak: die altaar, die tafel vir die offerbrood;