1 Kings 8:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat by u kneg, my vader Dawid, gehou het wat u hom beloof het; u het ook met u mond gespreek en dit met u hand vervul soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011
U het u beloftes aan u dienaar, my pa Dawid, nagekom. U het die belofte met u eie mond gemaak, en vandag het U dit met u eie hande vervul.
Afrikaans 1933/1953
wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.
Afrikaans 1983
U het U gehou aan wat U u dienaar, my vader Dawid, beloof het. U het die belofte gemaak en dit so soos dit vandag is, deur u woord en u mag vervul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U wat ter wille van u dienskneg, my vader Dawid, gehou het by dit wat U hom beloof het. U het dit met u mond gesê en met u hand volbring, soos dit vandag is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het gedoen wat U vir u dienaar, my pa Dawid, gesê het. U het dit belowe en U het dit gedoen, dit is vandag soos U belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het u belofte aan my pa, Dawid, nagekom. Vandag het elke woord van daardie belofte waar geword.