1 Peter 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan wie dit geopenbaar is, dat hulle nie vir hulleself nie, maar aan ons die dinge bedien het wat nou aan julle verkondig is deur die wat die evangelie aan julle verkondig het met die Heilige Gees wat van die hemel neergedaal is; watter dinge die engele begeer om na te kyk.
Afrikaans (NLV) 2011
God het aan hulle openbaar dat dit wat hulle geprofeteer het, nie vir hulle eie tyd bedoel was nie, maar vir julle s’n. Dié Goeie Nuus is nou by julle aangekondig deur dié wat vir julle gepreek het met die krag wat die Heilige Gees gee. God self het die Gees gestuur. Dit is só wonderlik dat selfs die engele dit alles fyn dophou.
Afrikaans 1933/1953
Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons die dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur die wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is -- dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
Afrikaans 1983
Aan hulle is geopenbaar dat wat hulle geprofeteer het, nie vir hulleself bedoel was nie, maar vir julle. Nou het dié wat die evangelie aan julle verkondig het, dit aan julle bekend gemaak deur die Heilige Gees wat van die hemel af gestuur is. Dit is dinge waarin selfs engele begerig is om insig te kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan hulle is geopenbaar dat hulle, wat hierdie dinge betref, nie besig was om hulleself nie, maar júlle, te bedien. Hierdie dinge is nou aan julle meegedeel deur hulle wat die evangelie aan julle verkondig het, deur die Heilige Gees, wat van die hemel gestuur is. Selfs engele begeer om insig hierin te verkry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het vir die profete gewys dat hulle die goeie boodskap nie vir hulleself moes bring nie, maar vir julle. God het die Heilige Gees gestuur, en die Heilige Gees het vir die profete die goeie boodskap gegee wat hulle nou vir julle gebring het. Die engele wil ook graag hierdie dinge weet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
So het daardie profete besef dat hulle boodskap eintlik nie vir hulleself bedoel was nie, maar vir julle. Die mense wat dus die goeie boodskap van Jesus vir julle kom vertel het, is so deur die Heilige Gees gelei. Hierdie boodskap is so wonderlik dat selfs die engele opgewonde is om te sien wat alles gaan gebeur.