1 Peter 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Uitverkies volgens die voorkennis van God die Vader, deur heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle wees.
Afrikaans (NLV) 2011
God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is. Mag God se genade en vrede steeds meer en meer julle deel wees.
Afrikaans 1933/1953
uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
Afrikaans 1983
Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
hulle wat uitverkies is volgens die voorkennis van God, die Vader, om deur die heiligmaking van die Gees gehoorsaam te wees, en met die bloed van Jesus Christus besprinkel te word: Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God, hulle Vader, weet al lankal dat hulle Syne is, want die Heilige Gees het hulle Syne gemaak. Daarom luister hulle nou na Hom. Jesus het gesorg dat hulle vir God aanvaarbaar is; daarvoor moes Hy egter sy eie lewe gee. Mag God vir julle baie goed wees. Mag julle rustig en veilig by Hom voel, sonder dat enigiets julle pla.