1 Peter 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat wel voor die grondlegging van die wêreld vooraf verordineer is, maar in hierdie laaste tye vir julle geopenbaar is,
Afrikaans (NLV) 2011
God het Hom lank voor die skepping al hiervoor bestem. God het Hom egter eers in hierdie eindtyd vir almal sigbaar gemaak. En Hy het dit vir júlle gedoen.
Afrikaans 1933/1953
wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,
Afrikaans 1983
Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is wel vooraf geken, voor die grondlegging van die wêreld. Hy is egter eers in hierdie eindtyd geopenbaar, ter wille van julle
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het vir Christus gekies om dit te doen voordat God die wêreld gemaak het. Nou is dit die einde van die tyd, God het Christus vir julle gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God self het baie lank terug, voor die wêreld nog gemaak is, besluit dat Jesus dit sou doen. Hy moes die volmaakte Lam vir die perfekte offer wees, sonder enige fout. ’n Beter offer kan daar nie wees nie. Julle het nou die voorreg om te sien hoe God sy plan hier aan die einde ter wille van julle uitvoer.