1 Peter 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat deur Hom in God glo wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het; sodat jou geloof en hoop op God kan wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Christus maak dat julle al julle vertroue op God stel. God het Christus uit die dood opgewek en heerlikheid aan Hom gegee. Daarom stel julle al julle vertroue en hoop op God.
Afrikaans 1933/1953
julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.
Afrikaans 1983
Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat deur Hom glo in God, wat Hom uit die dood opgewek, en heerlikheid aan Hom gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle glo in God omdat julle aan Christus behoort. Christus was dood, maar God het Hom weer laat lewe en God het Hom Koning gemaak. Daarom glo julle in God, julle weet en julle is seker dat Hy julle sal red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle kan op God vertrou, omdat julle gesien het wat Hy vir Jesus gedoen het. Hy het Jesus uit die dood opgewek en aan Hom eer en baie hoë status gegee. Net God kan dit doen. Julle kan God dus vertrou. Julle kan maar seker weet dat Hy dit alles iewers in die toekoms ook met julle sal doen.