1 Peter 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van gras. Die gras verdor, en sy blom val weg;
Afrikaans (NLV) 2011
Soos die profeet sê: “Elke liggaam is soos gras; al sy skoonheid is soos ’n veldblom. Die gras verskroei, en die blom verlep.
Afrikaans 1933/1953
Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,
Afrikaans 1983
Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want: Elke mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom: die gras verdroog en die blom val af;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want in die Ou Testament is geskryf: Al die mense is soos gras. Hulle is miskien mooi en goed, maar hulle is soos die veldblomme. Gras word droog, en blomme val af,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Skrif sê nie verniet nie: “Elke mens is slegs soos ’n grashalmpie. Dit is met mense nie anders as met ’n blom in die veld nie. Die grashalmpie verdroog maklik en die blom se blaartjies val na ’n rukkie nutteloos op die grond. Dit is so tydelik.