1 Peter 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
tot 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel vir julle bewaar is,
Afrikaans (NLV) 2011
God het inderdaad ’n kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom.
Afrikaans 1933/1953
sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
Afrikaans 1983
op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
op 'n erfenis wat nooit vergaan, besmet word of verwelk nie, en wat in die hemel vir julle in bewaring gehou word –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons is seker dat God vir julle alles sal gee wat Hy belowe het. Niemand kan die dinge wegvat wat God gee nie, dit bly dieselfde, dit is nie soos 'n blom wat droog word en verlep nie. God het hierdie dinge vir julle gebêre in die hemel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Met al die dinge wat Hy vir ons beloof het, kan niks skeefloop nie, want dit kan nie stukkend of verlore raak nie. God bêre dit vir ons daar by Hom. Daarom twyfel ons nie een oomblik dat God sy woord gaan hou nie. Ons weet dit gaan gebeur, al weet ons nie wanneer nie. God het mos bewys dat Hy al die dinge vir ons kan en wil doen toe Hy Jesus uit die dood opgewek het.