1 Peter 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat deur die krag van God deur die geloof bewaar word tot redding wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Afrikaans (NLV) 2011
En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word.
Afrikaans 1933/1953
wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Afrikaans 1983
En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
ja, vir julle wat, deur julle geloof, deur die krag van God bewaar word vir die verlossing wat gereed is om in die eindtyd geopenbaar te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God is sterk, Hy pas ook vir julle mooi op, julle wat in Hom glo. Hy wil julle red op die laaste dag, julle sal dit sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God hou julle juis nou styf vas sodat niks met julle gebeur wat julle geestelik kan seermaak nie. Hy is sterk genoeg om dit te kan doen. Vertrou daarom op Hom, want Hy gaan julle kom red. Alles is al reg daarvoor. Op die dag wanneer Jesus weer kom, sal God al die wonderlike dinge wat Hy vir julle reggemaak het, vir julle kom uitdeel. Daarvan kan julle seker wees en daarom kan julle inderdaad baie bly en opgewonde wees.