1 Peter 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarin julle grootliks verheug is, al is julle nou vir 'n seisoen, as dit nodig is, in swaarmoedigheid deur menige versoeking:
Afrikaans (NLV) 2011
Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry.
Afrikaans 1933/1953
Daarin verheug julle jul, al word julle nou -- as dit nodig is -- 'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,
Afrikaans 1983
Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jubel hieroor, al moes julle onlangs vir 'n kort tydjie deur allerhande beproewings bedroef word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet baie bly wees dat God julle wil red. Julle kry nou baie swaar en julle dink dat julle miskien moet ophou om vir God te dien. Maar julle sal net 'n kort tydjie swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit kan gebeur dat daar in julle alledaagse lewe dinge gebeur wat nie vir julle lekker is nie en